Wiskunde is een van die belangrikste vakke op skool en maak deure oop na universiteit in meeste van die studie rigtings. Vir ons is dit belangrik om leerders die geleentheid te gee om wiskunde te ervaar soos dit moet wees. Omdat skole se klasse oorvol is en persoonlike aandag nie gereeld gegee kan word nie, vind baie skoliere dit moeilik om die vak onder die knie te kry.

Sums Up wil graag die leemte wat skole laat, met persoonlike aandag vul, en sodoende die leerder die geleentheid gee om wiskunde te kan behou as vak deur dit op 'n maklike manier te verduidelik. Skoliere word bang vir wiskunde sodra hulle agter raak omdat hulle voel die vak is te moeilik. Ons sal bewys dat dit onwaar is en dat wiskunde lekker kan wees vir enige iemand wat bereid is om ekstra in te sit.

Gee ons die geleentheid om 'n verskil te maak.

This site can be viewed at almost any resolution
Please report any problems to the Webmaster
Copyright ©
CoZania September 2007